PAPIER BORD KOEI MASKER
Die oulike papier masker is maklik om te maak en daar is ‘n tempelate wat jy kan uit print en uitsny, dit is baie maklik vir plaas tema handwerk.
Materiale:
Bruin verf en ‘n verf kwas
(Jy kan die papier bord sommer wit hou as jy nie verf het nie)
1 papier bord
Iets om mee in te kleur (of ‘n kleur printer)
skêr,
gom,
papier,
printer.
OPTIONEEL VIR DIE MASKER: ‘n stukkie plankie en houtgom.
Instruksies:
Verf die onderkant van die papier bord bruin. Of jy kan dit wit los.
Print die tempelate van jou keuse.
Kleur die stukkies in en knip dit uit. Meeste van die stukkies is maklik genoeg vir klein kinders om self uit te knip, maar ‘n volwassene
kan help met die moeiliker gedeeltes soos die ore en die hare.
Plak die stukke met gom aan die papier bord vas om ‘n gesiggie te vorm:
Plak die ore aan beide kante van die kop vas.
Plak die horings net bo die ore aan beide kante vas.
Plak die hare in die middle van die kop bo vas.
Plak die oogies vas op die gesiggie net onder die hare. (Of sny gaatjies uit in plaas daarvan om die oë op te plak vir ‘n masker)
Plak die oog hare net bo die oë vas of die gaatjies van die oë.
Plak die snoet net onder die oë vas.
Deel Twee
Deel een
Regsklik prent om te stoor of print
© Alle regte behoort aan Johan Breedt Boerdery (Edms) Bpk
Regsklik prent om te stoor of print
Deel Twee
Vir die Kleinspan!